Dakar-voorbereiding vind in Namibië plaas

Die 46ste uitgawe van die Dakar-tydren en die vyfde uitgawe wat in Saoedi-Arabië gehou word, bied aan mededingers ‘n nuwe roete vir die byeenkoms wat van 5 tot 19 Januarie aangebied word. Die 12 fases sal 7 974 kilometer beslaan wat die koninkryk se vele terreine deurkruis, met 60 persent van die roete wat nuwe terrein dek. Die voormalige MX’er Puck Klaassen het ná ‘n besering besluit om liewer in die Dakar te jaag en is in Namibië ter voorbereiding vir die tydren. Klaassen sal deelneem in ‘n 1986 Porsche 911 met ‘n agterwielaangedrewe 3,2 liter enjin. Kosmos 94.1 Sportnuus het met Puck Klaassen gesels, wat sê sy is opgewonde en verduidelik hoekom sy Namibië gekies het om in voor te berei.