Mesaanval in hartjie van Dublin skok, vrou en kinders beseer

Die Ierse polisie hou ‘n verdagte aan nadat ‘n mes-aanval drie kinders en twee volwassenes buite ‘n laerskool in sentraal Dublin beseer het. Die voorval het Donderdag omstreeks half-twee buite die skool by Parnell Square East, ‘n bedrywige deel van Ierland se hoofstad, gebeur. Drie jong kinders, ‘n man en ‘n vrou is hospitaal toe geneem, met een van die kinders, ‘n meisie, en die vrou wat ernstige beserings opgedoen het. Die polisie het na bewering ook ‘n groot mes gekonfiskeer. Omstanders het die vermeende aanvaller ontwapen en hom op die grond vasgedruk, terwyl verskeie hom geskop het, volgens ‘n ooggetuie.