Eerste minister se kantoor weerlê fondse-bewerings

Die kantoor van die eerste minister gee in ‘n verklaring die versekering dat geen droogtefondse aangewend is vir opknapping nie, en dat 260 miljoen Namibiese dollar wat in die rampfonds ontvang is volledig verantwoord en die gebruik daarvan ge-oudit is. Dit kom na berigte in ‘n plaaslike dagblad wat beweer het dat 30 miljoen dollar uit die droogtehulpfonds gebruik is vir die opknapping van die ou Staatshuis asook sekuriteit-installerings by die eerste minister se kantoor. Daar is ook beweer dat 260 miljoen dollar van die rampfonds nie verantwoordbaar is nie. Volgens die verklaring is hierdie fondse in goedgekeurde programme gebruik en word so weerspieël in die ouditeur-generaal se verslag.