DA: Skande oor borgskap aan Engelse sokkerklub

Die DA sê Suid-Afrikaanse Toerisme se plan om ʼn span in die Engelse Premierliga, Tottenham Hotspur Football-klub, met een miljard Suid-Afrikaanse rand te borg, is ʼn klap in die gesig van elke Suid-Afrikaner wie se hard-verdiende belasting sal gebruik word om ʼn eerstewêreldse sokkerspan te borg. ʼn Afvaardiging van DA Oorsee sal vandeesweek reël om ʼn verteenwoordiger van die klub in Londen te ontmoet. ʼn Woordvoerder van die DA, Manny de Freitas, sê dit is om presies vas te stel wat die stand van die transaksie is en of enige geld oorbetaal is.