Venaani gee oorsig oor efundja in die Noorde

McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, is tans in die Noorde waar hy die gebiede wat deur die efundja-vloed geraak is, besoek. Tydens ‘n perskonferensie oor die vloede in die Oshana-streek doen Venaani ‘n beroep op die regering, veral die President, om opvangdamme te bou om die impak van die efundja-vloede te versag.