DA het kommer oor swak vervolging van veediefstal

Nes in Namibië, het boere in Suid-Afrika ook erge uitdagings met veediefstal en stropery op plase. Die DA in die Vrystaat sê hy is bekommerd oor die min arrestasies en skuldbevindings onder die twee kategorieë misdaad wat die meeste in landelike gebiede voor kom. Daar is meer as 13 800 gevalle van veediefstal tussen 2018 en vanjaar aangemeld met 4 000 arrestasies en 605 skudligbevindings. Roy Jankielsohn van die DA sê die landbougemeenskap ly jaarliks miljarde rand se verliese as gevolg van veediefstal en plaasaanvalle: