DA bekommerd oor agterstand in hofstelsel oor seksuele misdrywe

Die DA het sy kommer uitgespreek oor ‘n onlangse verslag wat dui op skokkende syfers oor die agterstand in seksuele misdrywe in die hofstelsel. Werner Horn van die DA sê 15 605 seksuele misdryfsake moet nog afgehandel word. Horn sê byna die helfte van verkragtingsake wat in Suid-Afrika op die rol geplaas word, word teruggetrek voordat getuienis aangebied word. Hy sê die strafregstelsel laat dié slagoffers steeds in die steek.