Rooikruis sê Covid-pandemie is nog nie oor nie

Die Internasionale Federasie van Rooikruis- en Rooi Halfmaan-verenigings sê baie lande verklaar dat die Covid-pandemie na twee jaar oor is, maar miljoene lewens is steeds in gevaar. Die president, Francesca Rocca, sê ‘n groot deel van die wêreld het nie die hoë inentingsdekking, sterk gesondheidsorgstelsels of toetsvermoë wat nodig is om ‘n “nuwe normaal” binne te gaan nie. Rocca sê die idee om met die virus saam te leef is ‘n voorreg wat talle lande en gemeenskappe nie beskore is nie.