DA: ANC moet deur Brics-lidmaatskap Russiese aanval veroordeel

Die DA het ‘n beroep op die ANC-regering gedoen om sy Brics-lidmaatskap te gebruik om Rusland se inval in die Donbas-streek in Oos-Oekraïne te veroordeel en om te vra vir Rusland se onmiddellike onttrekking. ‘n DA-parlementslid, Darren Bergman, sê die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, moet ook die Russiese ambassadeur in Suid-Afrika, Ilya Igorevich Rogachev, ontbied en eis dat Rusland onmiddellik sy militêre veldtog staak.