HAN sê Omikron-variant en reisverbod slag toerismesektor

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het hul akkommodasiesyfers vir Januarie bekend gemaak. Volgens die uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, het die Omikron-variant en meegaande reisverbod op Suider-Afrika ‘n negatiewe impak gehad. Kamerbesetting was in Januarie op 18,5 persent, byna twee persent laer as in Janaurie 2021 weens al die kansellasies wat van buitelandse toeriste ingestroom het. Paetzold gee die statistieke vir Januarie 2022.