IVP nie verbaas dat Namibiese regering traag op Oekraïnse inval reageer nie

Die Namibiese regering het uiteindelik gereageer op die Russiese inval in die Oekraïne en ‘n beroep op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gedoen om ‘n vreedsame oplossing vir die konflik te vind. Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge is in kontak met die 100 Namibiërs, onder wie die 92 Namibiese studente, in die Oekraïne, en probeer ‘n oplossing te vind om hul veiligheid te verseker. Intussen sê die Independent Patriots for Change se nasionale voorsitter, Brian Black, hy is nie verbaas dat die Namibiese regering so traag reageer nie.