Covid-spuit: Hoe keer ons huiwerigheid?

Die wêreld se magtigste en voorkeur uitklophou in die stryd teen Covid-19 is om ingeënt te word. In Namibië is daar egter huiwering teen inenting met slegs 20,8 persent van die teikenbevolking wat ingeënt is. Tydens die bespreking van die Afrobarometer-opname se negende ronde vir Namibië, is Emma Iyambo van die departement van voortplanting in kindegesondheid in Namibiese gesondheidsministerie gevra wat gedoen kan word om inentingshuiwerigheid hok te slaan.