Kanadese polisie waarsku betogers

Die polisie in Kanada het ‘n streng waarskuwing gerig aan betogers in dié land se hoofstad om die gebied onmiddellik te verlaat of moontlik hulle voertuiglisensies te verloor. Betogers versper reeds meer as 20 dae dele van Ottawa se sakekern uit protes teen Covid-19-beperkings en inentingsmandate. Die eerste minister, Justin Trudeau, het verlede week ‘n noodtoestand afgekondig wat meer bronne aan wetstoepassers beskikbaar stel om openbare orde te handhaaf en burgers te beskerm. Ottawa se tussentydse polisiehoof, Steve Bell, sê daar sal binnekort teen betogers opgetree word: