Ministerie span afgetrede verpleegsters in

Die Namibiese gesondheidsministerie het tydelike kontrakte met 278 afgetrede verpleegsters regoor die land vir drie tot ses maande gesluit in reaksie op die Covid-pandemie en personeeltekorte. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, sê die ministerie is besig om bykomende personeel sedert 2020 te werf. Hy sê die ministerie het verpleegsters onder die ouderdom van 67 gewerf. Hulle word weens hul weerloosheid nie in Covid-sale ontplooi nie, maar dien inentings toe en dien as mentors vir jong verpleegsters.