Covid-19: 21 nuwe gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 21 nuwe Covid-gevalle uit 439 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 4,8 persent is. In die groep is vyf leerders en een elk student en gesondheidswerker. Daar is nou 2 827 aktiewe gevalle, waarvan 64 pasiënte in hospitale is en vyf in hoësorgeenhede. Altesaam 367 481 persone is ten volle ingeënt.