Ses slagoffers van gru-ongeluk bekend

Die Namibiese polisie het die name bekend gemaak van die ses persone wat gister in die gru-ongeluk op die B1-pad tussen Otjiwarongo en Okahandja gesterf het. In die GTi Golf het die 27-jarige Ciska Bronkhorst en haar sesjarige seuntjie Lian gesterf. Haar man, die 32-jarige Willie Bronkhorst is ernstig beseer en in ‘n Windhoekse hospitaal opgeneem. Hul driejarige dogtertjie is lig beseer en volgens die polisie reeds uit die hospitaal ontslaan. In die Jetta is vier vroue, Ziita Augusto, Josephine Iileka, Sirkka Ndeshipanda Simon en Laudika Ndahambelela Nghiwilepo, in die botsing dood. Die bestuurder, Lucky Kalembela, veg ook om sy lewe in ‘n Windhoekse hospitaal.