Ondersoek oor polisie-brutaliteit volg by Swakopmund

Aangehoudenes by die Swakopmund-polisiekantoor beweer polisiebrutaliteit teen hulle en het foto’s van beseerde mans op sosiale media geplaas. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar van inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-streek se eenheid vir gemeenskapsake gevra wat dit bevestig het. Hy sê hulle is bewus van die klagte en het ‘n beroep op die aangehoudenes gedoen om klagte van aanranding aanhangig te maak. Shapumba sê die saak word ondersoek.