Coenie Strydom verskyn weer vandag

Coenraad Strydom se saak sal weer vandag voor die Walvisbaai-landdros John Sindano voorkom. Strydom, 45, word aangekla van die moord op sy vrou Engela op 4 November verlede jaar in hul huis in Meersig op die kusdorp. Volgens die staat het hy sy 49-jarige vrou met ‘n 9mm-pistool in die kop geskiet. Engela is afgevoer na die hospitaal met medici onder die indruk dat sy selfmoord gepleeg het. Maar die staat sê sy is van agter af geskiet. Die wapen is ook gevind waar dit onder ‘n kussing in die huis versteek is. Strydom word deur Evert Gous verteenwoordig. Gous het by sy kliënt se laaste verskyning gesê dat hulle sal ‘n borgaansoek sou bring. Dit kan moontlik vandag plaasvind omdat die aansoek nog nie, volgens media berigte, voor die hof was nie.