Gemengde voorspellings vir mielie-oeste

‘n Namibiese landbou-kenner reageer op die Landbounavorsingsraad in Suid-Afrika wat sê gegewe die gunstige toestande vir aanplanting vroeër hierdie seisoen en groot gebiede wat baat vind by nat toestande, sal die produksie van wit en geel mielies asook ander grane na verwagting vanjaar bo normaal wees. Die meerderheid se opinie is die oesopbrengs sal egter aansienlik minder wees as wat vroeër verwag is. Kosmos 94.1 Nuus het met Wallie Roux gesels om uit te vind of Namibië dieselfde uitkoms kan verwag.