Oningeënte man kan nie hartoorplanting kry nie

‘n Man is van ‘n hartoorplantingslys afgehaal deur ‘n hospitaal in Boston omdat hy nie ingeënt is nie. DJ Ferguson, 31, se pa het aan media gesê dat sy seun nie in die inenting glo nie en die hospitaal sê hy volg eenvoudig beleid. Ferguson het ‘n oorerflike hartkwaal wat veroorsaak dat sy longe met bloed en vloeistof vul en is sedert 26 November in die hospitaal. Die Amerikaanse CDC sê Covid-inentings is veilig vir pasiënte wat ‘n oorplanting nodig het, of reeds een ontvang het. Die hospitaal sê meer as 100 000 mense wag vir beskikbare organe wat die meeste nie in vyf jaar sal ontvang nie – as gevolg van tekorte.