Christenleiers staan saam vir Palestyne, Gaza

‘n Afvaardiging van Christenleiers van regoor die wêreld, insluitend ‘n groep van Suid-Afrika, het in die Wesoewer aangekom om dié Kersfees in Bethlehem deur te bring. Die pelgrimstog word deur Kairos Suider-Afrika in samewerking met Kairos Palestina gereël. Die organisasie sê dit is ‘n demonstrasie van samehorigheid met Palestynse Christene en alle Palestyne in Palestynse gebiede wat deur Israel beset word, insluitend die Gaza-strook. Die reisplan sluit ‘n besoek aan Bethlehem in waar hulle Christelike organisasies en kerkleiers sal ontmoet, verskeie eredienste sal bywoon, insluitend ‘n Kersfees-middernagmis, en aan ‘n jaarlikse vredesoptog sal deelneem.