China Town-oproersaak se borgtogverhoor duur môre voort

Die twee hoof-beskuldigdes in die China Town-oproer sal môre in die Windhoek-landdroshof in Katutura hoor of hulle borgtog sal kry. Die Namibia Economic Freedom Fighters se Michael Amushelelo en die Affirmative Repositioning-aktivis Dimbulukeni Nauyoma, is die enigste twee van die groep van agt wat nog agter tralies is. NEFF se parlementslid, Kalimbo Ipumbu, sê môre se borgtogverhoor is bloot ‘n formaliteit.