Politieke kenner sê howe moenie vertragingstaktiek toepas

‘n Namibiese politieke kenner reageer op die twee hoofbeskuldigdes in die China Town-oproer wie se borgtogverhoor môre in die Windhoek-landdroshof in Katutura voortduur.
Die Namibia Economic Freedom Fighters se Michael Amushelelo en die Affirmative Repositioning-aktivis Dimbulukeni Nauyoma, is die enigste twee van die groep van agt wat nog agter tralies is en hul borgtogverhoor is telkemale uitgestel. Die publiek opper vrae of dit vertragingstaktiek is om hulle langer in aanhouding te hou. Politeke analis, dr. Ndumba Kamwanya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die hof moet nooit die indruk by die publiek skep dat hy vertragingstaktiek toepas nie.