VSA sal wapens na Israel stop indien hy Rafah inval: Biden

President Joe Biden van Amerika waarsku sy land sal ophou om wapens aan Israel te verskaf indien sy magte Rafah in Gaza inval. Die president is onder groot druk, onder andere van sy partylede, om wapenbesendings te beperk te midde van ʼn humanitêre krisis in Gaza. Amerika het verlede week gekeer dat duisende bomme na Israel gestuur word. Biden het erken dat wapens wat Amerika voorsien het, gebruik is om burgerlikes in Gaza dood te maak.