Gesteelde sonkrag-pompsilinder teruggekry

Die polisie in die Omusati-streek vra inwoners om waaksaam te wees oor diefstal van sonkrag-pompsilinders en om enige verdagte aktiwiteite aan te meld. Omusati se misdaad-ondersoek koördineerder, adjunkkommissaris Moses Simaho, het die oproep gemaak nadat die polisie beslag gelê het op ‘n boorgatpompsilinder ter waarde van 40 000 Namibiese dollar by Tsandi. Hy sê ‘n saak is aanhangig gemaak teen ‘n 35-jarige man op vermoede dat hy in besit van gesteelde eiendom gevind is. Simaho sê diewe teiken boere en dorpenaars. Die verdagte sal na verwagting vandeesweek voor die Okahao-landdroshof verskyn.