George-gebou reddingspoging ‘gaan langer vat’

Die hoof van die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum, Colin Deiner, sê die voortgesette reddings- en herwinningsoperasie sal meer tyd verg as wat aanvanklik verwag is. Na 49-uur sedert die gebou ingetuimel het, is 36 werkers uitgehaal, waarvan sewe dood en 16 in ‘n bedenklike toestand is. Deiner het die jongste inligting gedeel en aangedui noodspanne bly betrokke by reddingspogings.