Bank van Namibië kyk na die toekoms

Die Bank van Namibië het in 2021 ‘n nuwe betalingstelsel ingestel wat tot 2025 in werking gaan wees. Dit sluit makliker transaksies deur elektroniese oordrag van vondse in. Die bank is van plan om die stelsel in die toekoms verder te transformeer, wat die ekonomie volgens hulle ‘n hupstoot sal gee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josefina Oskar, die Bank van Namibië se strategiese kommunikasiepraktisyn, wat die stelsel uiteensit.