Regstappe nooit ingestel teen Emfuleni-skandaal

Die DA in Gauteng sê die Emfuleni plaaslike munisipaliteit het die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Lebogang Maile, mislei oor die instel van regstappe ná bewerings van onreëlmatige verlengings van politieke aangesteldes se kontrakte in die kantoor van die burgemeester en die speaker. Die DA-lid, Kingsol Chabalala, sê hierdie aanstellings is weke voor die plaaslike regeringsverkiesing gemaak, waarna die DA beswaar aangeteken het en Maile versoek het om die saak te ondersoek.