Hollywood-skrywers gaan staak ná mislukte onderhandelings

Hollywood-televisie- en rolprentskrywers wat aan die Skrywersgilde van Amerika behoort, gaan vandag staak weens mislukte onderhandelings met ateljees en stroomdienste oor betaling- en werksomstandighede. Die staking sal laataand-programme keer en opkomende TV-reekse en rolprente vertraag. Die vakbond eis hoër betaling, waarborge van bestendige indiensneming en ‘n groter deel van stroomdienste se winste. Die staking kan die Verenigde State se vermaaklikheidsbedryf benadeel, aangesien die 2007-skrywers-staking meer as 36 miljard Namibiese dollar gekos het en vir 100 dae geduur het.