Twee jong meisies die naweek verkrag

Die Namibiese polisie het twee verkragtings van minderjarige meisies oor die naweek aangemeld. Op Oshakati is ‘n 34-jarige man vas vir die verkragting van ‘n meisie, 12 jaar oud. Hy het haar blykbaar gelok met geld om winkel toe te gaan. By Epembe in die Ohangwena-streek is ‘n meisie van 14 herhaaldelik verkrag deur ‘n Angolese burger. Hy het blykbaar as werker vir die familie opgetree en die kind verkrag terwyl die ouers by die werk was. Die polisie sê die man is nog nie gearresteer nie en ‘n ondersoek is gelas.