Jihadiste loods aanvalle in sentraal Mali

Meer as 20 burgerlikes is dood in ‘n aanval in sentraal Mali. Die aanval het ’n dorpie in die Circle of Bankass in die Mopti-streek geteiken. Dit is een van verskeie gebiede in Mali waar jihadistiese groepe wat met Al-Kaïda en Islamitiese Staat verbind word, sedert 2012 ’n opstand voer. Moulaye Guindo, burgemeester van Bankass, sê gewapende mans het dorpenaars aangeval op pad na hul velde toe. Jihadiste het al duisende mense doodgemaak en miljoene verplaas terwyl hulle dorpe en militêre teikens aangeval het.