Vakbond eis vaste aanstellings vir gesondheidswerkers

Die Nasionale Vakbond vir Staatsamptenare en Verwante werkers, Nupsaw, sê daar kan nie ‘n ware maatskaplike getransformeerde Nasionale Gesondheidsversekering wees met die regering wat begrotingsbesnoeings ingestel het nie. Mzikazi Nkata van die vakbond sê gemeenskaps-gesondheidswerkers word steeds tydelik aangestel. Die vakbond beset vandag die kantore van die Oos-Kaapse departement van gesondheid om vaste aanstellings vir alle staatsdiens gesondheidsdienswerkers te eis.