Mbumba bedel vir kos, ontleder sê hy is skynheilig

President Nangolo Mbumba het die naweek in die Noorde hom twee keer uitgelaat oor die droogte, en vir hulp, ook geldelik, van ander lande gevra. Tydens die sooispit-seremonie van die Ondonga Erfenis Heiligdom in die Oshana-streek het hy Namibiërs gevra om kos en ander basiese geriewe met ander te deel. Hy sê ook die regering sal sorg vir kos, al moet hulle geld leen om dit te doen. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder Dr. Ndumba Kamwanyah, wat sê die president is skynheilig omdat die plaaslike inwoners reeds hulle laastes met mekaar deel.