Boris Johnson vra verskoning oor gefuif in grendeltyd

Britse eerste minister Boris Johnson vra om verskoning nadat hy erken het dat hy ‘n Downingstraat-tuinpartytjie in grendeltyd bygewoon het. Die premier, wat tot dusver vrae vermy het oor nuwe aantygings van ‘n partytjie wat in Nommer 10 in inperkingstyd gehou is, verskyn voor parlementslede te midde van toenemende druk oor die geleentheid op 20 Mei 2020.