DA vra Ramaphosa om ramptoestand op te hef

Die DA het ‘n beroep op die regering van President Cyril Ramaphosa gedoen om die ramptoestand op 15 Januarie op te hef. Dis die dag waarop dit heringestel moet word indien dit moet voortgaan. Die leier van die party, John Steenhuisen, sê dit berokken die land meer skade as wat dit goed doen. Hy glo onnodgie reëls en beperkings moet geskrap word en slegs protokol wat sin maak, soos die dra van gesigmaskers in hoërisiko omgewings, moet behou word.