Booys weer in die hof vandag

Die omstrede voormalige Okahandja Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, sal vandag weer in die Okahandja-landdroshof verskyn op verskeie klagte, wat bloedskande insluit. Sy tweede borgaansoek is op 27 Januarie van die hand gewys. Booys is sedert 2 Februarie 2020 in aanhouding op klagte van bloedskande en verkragting wat die staat sê in Januarie verlede jaar plaasgevind het. Hy word vir sy eie veiligheid by Seeis aangehou. Sy ampstermyn in Okahandja is gekenmerk deur omstredenheid en daar was talle protesaksies teen hom.