Kinders met of sonder dokumente moet kan leer – Makaneta

‘n Onderwysaktivis in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die onderwysdepartement om berading te bied aan leerders sonder dokumente wat deur Operasie Dudula getraumatiseer is. Hendrick Makaneta sê die kinders van onwettige immigrante is in die kruisvuur tussen Operasie Dudula en ongedokumenteerde buitelanders. Makaneta voeg by kinders se regte om te leer in ‘n omgewing wat daarvoor bevorderlik is, moet ten alle koste beskerm word: