Odendaal sê oor klag teen Grobler

Die arrestasie van die vryskut joernalis John Grobler, is in die nuus. Die betrokke boer, Gerrie Odendaal, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hy het ‘n ooreenkoms met die omgewingsministerie en verder, dat hy die klagte gelê het nadat Grobler na bewering ‘n hommeltuig oor sy grond ontplooi het om ‘n trop olifante te besigtig wat Grobler meen onwettig verkoop word aan ‘n dieretuin in Dubai.