Boere, dis tyd vir ECF-loonopgawes

Die Namibiese Landbou-unie herinner lede dat hul jaarlikse ECF-loonopgawes aan die Maatskaplike Voorsorgkommissie gestuur moet word voor of op 31 Maart vir die 2021-2022 finansiële jaar. Hierdie beseer-aan-diens-dekking is verpligtend ten opsigte van werknemers met ’n jaarlikse salaris van 81 300 Namibiese dillar of minder. Binne 30 dae nadat die kommissie die loonopgawes ontvang het, sal hulle ’n kennisgewing aan die werkgewer uitreik wat dan weer binne 30 dae vanaf die aanslagdatum betaalbaar is. Al hierdie prosesse en kommunikasie met die kommissie kan nou ook elektronies gedoen word.