Dolly bied môre Country-toekennings aan

Die fokus gaan môre op Dolly Parton wees by die 57ste Academy of Country Music-toekennings. Die musiek-legende gaan die Las Vegas-geleentheid aanbied saam met mede-sanger- en liedjieskrywer, Jimmie Allen en opkomende ster, Gabby Barrett. Die toekenningsplegtigheid sal ‘n huldeblyk aan die 76-jarige Parton deur die sanger en Grammy-wenner, Kelly Clarkson, insluit. Parton is een van country-musiek se mees geliefde kunstenaars en ‘n kultuur-ikoon selfs buite die grense van die genre. Chris Young lei die groep genomineerdes met sewe nominasies, insluitend album van die jaar.