10 000 werksgeleenthede by SA-binnelandse sake

Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake gaan hierdie maand begin om 10 000 jongmense te werf om sy papierstelsel te digitaliseer. President Cyril Ramaphosa het dié massa-werwing verlede maand in sy staatsrede aangekondig. Die minister, Aaron Motsoaledi, het ná die staatsrede in die parlement op vrae geantwoord en sê die Tesourie is gevra om meer as 222 milljard Suid-Afrikaanse rand vir dié projek beskikbaar te stel. Die bedrag sal na verwagting toerusting en salarisse dek. Motsoaledi sê die indiensnemingsproses sal regverdig en deursigtig wees en vroue en mense met gestremdhede, sal voorkeur kry.