Boere byeen om bio-ekonomie-produksie te bespreek

Meer as 50 boere en amptenare van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie  en die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie woon ‘n werkswinkel by Otjiwarongo by om ‘n nasionale konsepdokument te finaliseer wat plaaslike bio-ekonomie produksie sal lei. Bio-ekonomie-produksie verwys na alle sake-aktiwiteite wat fokus op die lewensbestaan uit plaaslike natuurlike hulpbronne om hul kunsmis, veevoer, voedsel vir verbruik, brandstof, boumateriaal en groen tegnologie te produseer. Die landbou-organisasie se nasionale projekkoördineerder, Eugene Kanguatjivi, sê die doel van die werksessie met die boere is om bymekaar te kom en ‘n regeringskonsep-dokument te finaliseer wat produsente van verskeie produkte uit natuurlike hulpbronne sal lei.