SA gaan handel met BRICS-bondgenote uitbrei

Suid-Afrika het sy planne aangekondig om meer handel te dryf met BRICS-bondgenote, China, Brasilië, Rusland en Indië. Meer as 29 persent van die algehele invoere kom vanaf hierdie lande, terwyl 17 persent van Suid-Afrika se uitvoere daarheen gaan. Die besturende direkteur van Emerging Markets and Africa, Martyn Davis, sê toenemende handel sal in die kollig wees by vanjaar se BRICS-beraad. Hy voeg by Rusland sal waarskynlik ook ‘n belangrike besprekingspunt wees.