Verkragtings-wetsontwerp in NV bespreek

Die wysiging op die verkragtings-wetsontwerp is tans in die Nasionale Vergadering onder bespreking wat deur die minister van justisie, Yvonne Dausab, ter tafel gelê is. NV-lede het vandag die klousules bespreek en hul kommer uitgespreek. Een van die bekommernisse van Vipuakuje Muharukua van die Popular Democratic Movement is die kwessie oor bewyse en om seker te maak dat onskuldige mense nie agter tralies beland nie. Die minister het gesê die doel is om die breër gemeenskap te beskerm.