Blokkade verhoed basiese medisyne vir Tigray-pasiënte

Mediese dokters in Ethiopië se oorloggeteisterde Tigray-streek sê pasiënte sterf onnodig aan behandelbare toestande. Dit gebeur omdat ‘n de facto blokkade verhoed dat medisyne en ander lewensnoodsaaklike voorrade hospitale in die geteisterde gebiede bereik. Media berig ‘n ernstige tekort aan suurstof, binne-aarse vloeistowwe en kritieke toerusting het operasies en noodsaaklike prosedures die afgelope ses maande byna onmoontlik gemaak. Duisende mense het omgekom in Ethiopië se 14 maande-lange konflik en hongersnood heers ook in dele van die Tigray-streek.