Maxwell prokureur wil nuwe verhoor hê

Ghislaine Maxwell se prokureur Christian Everdell het ‘n nuwe hofsaak by regter Alison Nathan aangevra nadat dit aan die lig gekom het dat een van die jurielede, bekend net as Scotty David, sy eerste- en middelnaam, self ‘n slagoffer van seksuele misbruik was as kind. Volgens berigte het hy aan jurielede verduidelik hoe die geheue werk met sulke voorvalle, as daar vrae was oor van die getuienis wat gelewer is. Maxwell is verlede week skuldig bevind aan vyf van die ses klagte teen haar. Daar is nog geen uitsluitsel oor die pad vorentoe nie.