Jeugwerkloosheid onder die loep

Navorsing wat in Namibië deur die Targeted Review Mission uitgevoer is oor jeugwerkloosheid, stel voor dat ‘n soewereine welvaartsfonds geskep word sodat bronne gebruik kan word vir jeugprogramme waarvoor daar reeds ‘n eenheid in die Presidensie is. Die fonds sal inkomste van natuurlike bronne soos diamante, uraan en vis genereer. Daar is ook bevind dat alle ministeries in die land programme skep om werksgeleenthede vir die jeug te skep, en dat die programme streng gemonitor moet word. Navorsers beaam dat jeug in die land nie ingelig is oor geleenthede nie, eenvoudig omdat daar geen kommunikasiestelsels is nie. Die algehele sentiment is ook dat die Nasionale Jeugraad misluk het in enige pogings om die lewens van die jeug te verbeter. Net meer as 50 persent van die jeug is werkloos.