Biti reageer op staatsrede, nuwe Chinese parlement in Harare

Die Zimbabwiese opposisieleier, Tendai Biti, het sy kritiek uitgespreek oor President Emmerson Mnangagwa wat die week sy staatsrede tydens die opening van die parlement gelewer het in ‘n gebou wat deur die Chinese gebou en geskenk is. Die 3,6 miljard Namibiese dollar se gebou is deur die Shanghai Construction Group gebou en is deur die Chinese regering gefinansier. Biti sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Zimbabwiese nasie is gepolariseer.

Biti vra wat is die voorwaardes van die multi-miljoen dollar parlement wat deur China geskenk.