2 500 Australiërs poseer naak vir velkanker bewusmaking

Sowat 2 500 mense het hul klere uitgetrek om vir die Amerikaanse fotograaf Spencer Tunick by Sydney se Bondi-strand te poseer in ‘n poging om bewusmaking oor velkanker te versterk. Tunick, bekend vir sy massa-naakfotosessies, het ‘n megafoon gebruik om deelnemers in verskeie posisies op die strand te lei. Die fotograaf, wat in New York gebaseer is, het met ‘n liefdadigheidsorganisasie saamgewerk in ‘n poging om bewustheid oor melanoom, Australië se vierde mees algemene vorm van kanker, te verhoog. Die land se gesondheidsowerhede skat dat vanjaar 17 756 nuwe gevalle van velkanker in Australië gediagnoseer sal word, en 1 281 Australiërs sal aan die siekte sterf.