Baainaars moet vir eers spaarsamig water gebruik

Die munisipaliteit van Walvisbaai het inwoners van die kusdorp gemaan om water spaarsamig te gebruik. NamWater het te kenne gegee dat daar reeds op 24 November skade aan sy krag-infrastruktuur op die dorp aangerig is deur sterk ooswinde wat die dorp se reservoirvlakke skerp laat daal het. Die munisipaliteit sê daar sal in sommige woonbuurte baie lae waterdruk voorkom terwyl ander geen water sal hê nie. Die probleem ontvang op die oomblik aandag en die munisipaliteit sal inwoners op hoogte hou.